Die Gereformeerde Kerk Upington is op 17 Januarie 1959 te Melkstroom op die plaas van dr. AJL Vlok gestig met 40 belydende lidmate. Die huidige kerkgebou is op 10 Junie 1961 in gebruik geneem. Die gemeente is dus op 17 Januarie 2009, 50 jaar.
Op 17 Januarie 1959 het 'n handjievol lidmate met geloofsmoed en geloofsoortuiging hierdie gemeente onder leiding van ds. M. Postma gestig.
Die bestaan van die gemeente het deur God se genade voortgegaan tot op hierdie vyftigste bestaansjaar.
Wie deur die geskiedenis van die gemeente blaai kan met sekerheid die tekswoorde van die apostel Paulus hierbo vir die gemeente voorhou as 'n banier om in die toekoms hoog te dra. |